Friday, May 15, 2009

As ek sterf, kan my organe leef

As ek sterf, kan my organe leef

André Pieterse, Krugersdorp

Ek wil graag vir M-Net bedank vir die nuwe program The heart is beautiful wat verlede week op die kanaal vertoon is. Ek wil ook graag vir Nicolize van der Walt, Beeld se verslaggewer, bedank vir die wonderlike berig wat sy daar- oor geskryf het.

Dit het my laat besef as jy dood is en daar is iets in jou liggaam wat nog gebruik kan word om iemand anders se lewe mee te red, jy ’n orgaanskenker kan word. Daar is weer lewe ná die dood.

Daar is baie pasiënte wat wag op ’n orgaanskenking. Sou ek tot sterwe kom, dan weet ek dat iemand ná my dood sal lewe, want ek is ’n orgaanskenker.

Ek wil ook die Gird- familie sterkte toewens en vir hulle sê: Julle is in ons gebede. Ek raai almal aan wat ’n orgaanskenker wil word om die orgaanskenkingsvereniging by 0 0800 22 66 11 te bel of www.odf.org.za te besoek.

Dankie, Beeld.

No comments:

Post a Comment